top of page

Turkse eiers

Berei Tyd:

5 min

Kook Tyd:

20 min

Bedien:

2

Kategorie:

Ontbyt

Sagte eiers lê in ’n warm, romerige jogurtbed, met botter en geurige paprika wat bo-op smelt en net reg is om jou neus en smaakknoppies wakker te maak. Elke happie is ’n kombinasie van sagte, romerige en bietjie pittige geure.

Bestanddele

  • 120 g Griekse/gewone jogurt

  • 1 knoffelhuisie, gerasper

  • sout & peper na smaak

  • 2 - 3 L eiers

  • vars dille

  • 1 e botter

  • 0.25 t paprika

Metode

  1. Meng die jogurt, knoffel, sout & peper saam

  2. Laat staan vir 10 min

  3. Bak/Kook die eiers soos jy dit verkies

  4. Smelt die botter oor 'n lae hitte

  5. Voeg die paprika by en roer tot die botter nie meer skuim nie

  6. Bedien die eiers bo-op die jogurt

  7. Gooi die botter-mengsel en dille bo-oor

© 2025, Bez & Kie

bottom of page