
Hi! Ons is die Bezuidenhouts
aka. Bez & Kie - 'n klein familie wat groot drome nastreef, altyd lekker chai lattes soek en soveel avonture as moontlik probeer inpas tussen die chaos van werk, doeke en 'n huis nog in-wording.
Ons gaan nie oor die perfekte Instagram lewe nie, maar oor die regte egte lewe - die mooi, die chaos en alles tussenin wat die lewe die moeite werd maak.
Ons glo in die kuns van raaksien - of dit nou 'n goue sonstraal, 'n morsige kombuis na 'n heerlike ete of 'n gesteelde kalm oomblik is. Dit is ons manier om die lewe se herinneringe te versamel en wil dit graag met jou deel!
Hier sal jy die volgende vind:
-
Spoons of Bez - ons blog & potgooi (Chaos & Chai) waar ons gesels oor familie, werk, die mooi tussen deur al die chaos en heerlike resepte!
-
Bosbezies - ons avonture, van 8-5 en kort naweke tot kamp en bergtrippies met 'n klein avontureier en viervoetkinders saam met ons
Kom verken, lees, gesels en eet saam met ons!

Ontmoet ons almal


Armand - Ingenieur, avonturier en vuurstoker van die kamp. Hy is die balans tot ons chaos en vat voortou op ons Bosbezies reis. As daar 'n voetpaadjie is om te stap, 'n grondpad is om te ry of 'n kampplek om te verken, sal jy hom daar kry.
Marné - CA(SA) deur die dag, bosnimfie by hart. Sy is die storieverteller en kok agter Spoons of Bez en die stem van ons potgooi Chaos & Chai. Sy het 'n liefde vir kos, woorde en die mooi in die kleinste goed.
Amé, ons klein Bezie - Klein maar getrein, chai latte prinsessie. Sy loop reeds haar weg in elke avontuur, leer ons daagliks van wonder, geduld en om dinge stadiger te vat (of ons daarvan hou of nie).
Wouter & Stoffel - Ons viervoetkinders. Gelyke dele waghonde en cuddle buddies. Altyd gereed om in die kar te spring, Amé se kos te eet wat sy so graag uitdeel of 'n stukkie biltong te steel wanneer niemand kyk nie.

