top of page

Klein happies sonskyn. Die geur van vars suurlemoen skil en klapper, saam met die natuurlike soetheid van dadels vorm dit 'n bederf wat net genoeg is om jou lus te hou vir nog een. Dis die soort happie wat jy sommer uit die yskas gryp as jy verbyloop – verfrissend, energiek en heeltemal onskuldig.

Bestanddele
150 g sade/neute (ek verkies sonneblomsade)
175 g dadels, gepit en sag
45 g klapper
40 g chia sade
die skil van 1 suurlemoen
0.5 e suurlemoensap
Metode
Meng die sade in jou voedselverwerker tot amper 'n saadbotter
Voeg die res van jou bestanddele (maar net helfte van die klapper) by en meng tot goed saamgewerk is
Rol in bolletjies
Rol die bolletjies in die oorblywende klapper
Eet dadelik, hou in die yskas vir 1 week of vrieskas vir 3 weke
bottom of page