top of page

Basiese aftreksel

Berei Tyd:

10 min

Kook Tyd:

4.5 ure

Bedien:

Kategorie:

Boublokke

’n Goeie aftreksel begin met die eenvoudigste dinge: vars groente, soms bietjie vleis of bene en water wat al die geure saggies saamtrek. Terwyl dit stadig prut, vul die kombuis met ’n warm, huislike reuk wat jou laat verlang na ’n bord sop of ’n stoofpot. Dit is die basis van soveel geregte – eenvoudig, voedsaam en altyd vol potensiaal.

Bestanddele

  • 45 ml olyfolie

  • 150 g uie

  • 90 g wortels

  • 150 g seldery

  • 150 g rape

  • 2 kg vleis van jou keuse, met die bene aan

  • 1 - 2 knoffelhuisies

  • 8 takkies oreganum/tiemie/pietersielie

  • 2 lourierblare

  • 1 t swart peper korrels

  • 2 t sout

  • 4 L water

Metode

  1. In 'n groot pot, maak die olie warm en braai die groente tot sag

  2. Plaas die res van di ebestanddele by en bring tot kookpunt

  3. Kook die aftreksel vir 4 ure tot die hoeveelheid water helfte minder is

  4. Dreineer die aftreksel

  5. Gooi die vaste stowwe weg

  6. Laat die aftreksel afkoel

  7. Stoor in gesteriliseerde houers en vries vir tot 3 maande

© 2025, Bez & Kie

bottom of page