
'n Klassieke sago-poeding met 'n klein Bez-kinkel. Die varsheid van lemoen en die warmte van kardamom het hierdie vinnig een van ons gunstelinge gemaak 🤍

Bestanddele
1 l melk
1 t kardamom
1 lemoen se skil, gerasper
125 g sago
250 g suiker
15 g botter
1/2 t sout
1 t vanieljegeursel
4 eiers, geskei
Metode
Voorverhit jou oond op 180°C
Smeer 'n oondbak met botter
In 'n pot, verhit die melk, kardamom, sago en lemoenskil en kook vir ongeveer 10 min (Roer dit gereeld, dit brand baie maklik aan)
Haal van die stoof af en roer die suiker, botter, sout en vanieljegeursel in
Klits die eiergele
Voeg 'n bietjie van die sago-mengsel stelselmatig by om die eiergele stadig warmer te maak
Voeg dit by die sago-mengsel en meng goed
Klits die eierwitte tot styf en vou by die sagomengsel in
Skep in jou gesmeerde oondbak
Indien jy sou wou, gooi 'n hand vol amandels bo-oor
Bak vir 30 minute