
Daar is geen resepboek nodig vir hierdie bobotie nie – net ’n bietjie tyd, liefde en daardie geheime geur wat net Ouma kon regkry. Die kombuis ruik na kerrie en ’n tikkie soetigheid wat jou onmiddellik tuis laat voel. Die eier-laag bak goudbruin bo-op en elke happie vertel ’n storie van smul aan Ouma se pakkie gevriesde bobotie as student. Dit trooskos in sy suiwerste vorm – sag, geurvol en vol herinneringe. Geen wonder Ouma is my Ouma Hartedief nie.

Bestanddele
2 uie, fyngekap
2 e olyfolie
2 t kerriepoeier
1 t borrie
1 t gemmer
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout & peper na smaak
1 kg maalvleis
'n hand vol rosyntjies
3 L eiers
'n bietjie melk
3 e blatjang
3 lourierblare
Metode
Voorverhit jou oond op 180°C
Braai die uie in die olyfolie tot sag
Meng al die speserye saam en braai dit saam met die uie vir ongeveer 2 min
Voeg die maalvleis by en braai tot haar
Geur met sout & peper na smaak
Voeg die rosyntjies by
Klits die eiers en die blatjang saam met 'n bietjie melk
Voeg die maalvleis in 'n oondbak en giet die eier-mengsel bo-oor
Plaas die lourierblare bo-op
Bak vir 1 uur
Bedien saam met geelrys