top of page

Dadelkoek

Berei Tyd:

10 min

Kook Tyd:

40 min

Bedien:

8

Kategorie:

Koek

Daar is iets besonders aan ’n varsgebakte dadelkoek – daardie soet, botterige geur wat stadig deur die huis trek en almal kombuis toe lok. Die dadels smelt in die beslag en gee die koek sy kenmerkende vogtigheid en ryk, karamelagtige smaak. Dis die soort koek wat jy bak “net gou vir tee,” maar wat nooit lank hou nie, want elkeen sny nog ’n stukkie vir net-nou. Heerlik eenvoudig.

Bestanddele

Die Koek

  • 280 g dadels

  • 1 t koeksoda

  • 250 ml kookwater

  • 80 g botter, sag

  • 2 L eiers

  • 185 g koekmeel

  • 1.5 t bakpoeier


Bo-op

  • 150 g dadels

  • 170 ml lemoensap

  • 1 knypie sout

Metode

Die koek

  1. Voorverhit jou oond op 180°C

  2. Meng die dadels, koeksoda en kookwater - laat staan vir 10 min

  3. Druk alles fyn

  4. Meng die res van die bestanddele saam

  5. Bak vir 30 - 35 min tot 'n toetspen skoon uitkom

  6. Laat die koek afkoel


Bo-op

  1. Kook die lemoensap

  2. Meng alles in jou voedselverwerker tot glad

  3. Smeer bo-op die koek

  4. Laat die koek oornag in die yskas staan

© 2025, Bez & Kie

bottom of page