top of page

Die geur van warm dadels en botter vul die kombuis nog lank voordat jy die eerste happie proe. Hierdie bruintjies is sag en taai met net die regte bietjie kou aan die rand. Dis die soort gebak wat jy op ’n Saterdagmiddag, met ’n koppie rooibostee en geselskap in die kombuis. En soos altyd… teen die tyd dat dit afgekoel het, het iemand reeds ’n hoekie uitgeknip “net om te proe.”

Bestanddele
250 g dadels
250 ml warm water
185 g botter
2 koue eiers
1 t vanielje
65 g kakao poeier
85 g koekmeel
Sout vir bo-op
Metode
Voorverhit jou oond op 180°C
Laat die dadels in warm water lê tot sag
Room die botter en die dadels tot sag en mooi gemeng
Roer die eiers en vanielje by
Sif die kakao en die koekmeel
Vou dit by die eiermengsel by
Bak vir 20 - 25 min tot gaar
bottom of page