top of page

Van Kamgab na Vioolsdrif – ’n Warm yskas en ’n hangmat langs die Oranje. Die Bosbezies se Helse Draai na Lambertsbaai, Dag 5 🌿🐞🪲🐝

Na die vorige dag se klippe, sand en vassit was ons nogal dankbaar vir ’n stadiger dag.

Na die vorige dag se klippe, sand en vassit was ons nogal dankbaar vir ’n stadiger dag.


Ons yskas het begin bietjie warm raak, so ons het besluit dit is tyd om ’n kampplek met krag te soek.


Die oggend by Kamgab was egter te mooi om net vinnig te vertrek. Die plek lê stil langs die Oranjerivier en Armand het natuurlik eers ’n lyntjie natgemaak voordat ons pad gevat het.


Van daar het ons rustig gery tot by Vioolsdrif.


Eers later, toe ons die video terugkyk, besef ons hoe naby Armand was om die bakkie se stamper teen ’n klip te stamp. Daardie tipe oomblikke wat jou eers agterna laat sweet


By Orange River Rafting Lodge het ons uiteindelik kamp opgeslaan – en dit was presies wat ons nodig gehad het.


’n Middag langs die rivier.’n Lang swem in die koel water.’n Hangmat onder ’n groot boom.En uiteindelik ’n heerlike warm stort.


Terwyl ons daar gelê het, het ons gesien hoe baie glasogies saam met ons in die boom sit – klein voëltjies wat konstant rondbeweeg en gesels, amper soos klein wagtertjies oor die kamp.


Een van daardie dae wat nie vol drama is nie, maar wat net rustig en goed voel.

🛻☀️🌿🪲🐞🐝

© 2025, Bez & Kie

bottom of page