top of page

Hartebeesmond na Rammansdrift… wat toe Kamgab geword het: Die Bosbezies se Helse Draai na Lambertsbaai, Dag 4 🌿🐞🪲

Ons het gedink hierdie sou net ’n 4 uur rit wees. Dit het 8 ure geword.

Ons het gedink hierdie sou net ’n 4 uur rit wees.


Dit het 8 ure geword.


Maar party dae op ’n avontuur gaan nie oor hoe vinnig jy by ’n plek kom nie – dit gaan oor alles wat tussenin gebeur.


Die dag het begin met ’n besonderse sonsopkoms oor die Oranjerivier by Hartebeesmond. Daardie sagte lig oor die water, die stilte van die oggend en die gevoel dat die wêreld nog net vir ’n rukkie aan die slaap is.


Voor ons vertrek het Armand en Amé eers in die rivier gaan bad en toe mik ons vir Rammansdrift.

Hierdie deel van die wêreld is rou. Klip. Sand. Groot ooptes.Armand was absoluut in sy element tussen die klippe en die niks. Op plekke het die landskap so surrealisties gelyk dat dit amper soos ’n toneel van Mars gevoel het.


Ons het ook by Witbank verbygery – en die naam maak skielik baie sin: wit sand, oral waar jy kyk.

Intussen het Amé gemaklik in die bakkie gesit met haar speelgoed – ons klein reismaat wat alles net rustig saam beleef.


By Rammansdrift het dinge egter ’n ander draai gevat. Die staanplekke was vol en ons kon nie bly nie, so ons het besluit om eerder verder te ry na Kamgab.


Ons het gedink ons gaan vroeg daar wees net ’n rustige middagete braai.


Maar toe verander dit in ’n lekker vassit-sessie.


Die pad na Kamgab was klipperig en toe ons uiteindelik daar kom en sien daar is reeds mense, wou ons nie indring nie. Ons het toe aangery Kamgab toe… en presies daar het ons vasgesit in baie dik sand.


Na ’n hele ruk se gesukkel het ons uiteindelik maar hulp gevra – en gelukkig was daar ander mense van die Vaaldriehoek wat ons kom help het.


Intussen het Amé deur die hele rietmarol rustig geslaap.


Armand som die hele dag perfek op:

“Daar was niks… maar jis dit was lekker.”


En dis seker hoekom ons hierdie tipe avonture liefhet.

☀️🛻🌿🪲🐞🐝

© 2025, Bez & Kie

bottom of page